Friday 6 September 2013


Die hemel verander alles

Todd & Sonja Burpo

CUM


Wees eerlik: het jy nie al gewonder hoe dit in die hemel lyk nie? Dalk selfs of daar regtig 'n hemel is nie? Na die weghol sukses van sy eerste boek, Die Hemel is Werklik, kom hierdie inspirerende boek met 42 oordenkings. 

Todd en Sonja Burpo se seun Colton het sy gesin verstom toe hy op 'n dag uit die bloute begin om vir hulle beelde te skets van hoe die hemel lyk en wat hy daar gesien en beleef het. In hierdie boek kan jy nou lees wat sedertdien gebeur het en hoe sy getuienis mense van oor die hele wêreld se lewens verander is.

Hulle deel getuienisse uit hulle eie lewens en verhale van mense wat getuig hoe die feit dat daar 'n hemel is, hulle help om teëspoed hier op aarde te kan hanteer.

Elke oordenkingshoofstuk sluit af met 'n teksvers en 'n toepaslike aanhaling. Daar is ook 'n gebed van Colton aan die einde van die boek. Temas sluit in:

* Vergifnis is welkom
* Maak jou oë oop vir wonderwerke
* Ontwikkel 'n hemelse perspektief
* Die lewe as 'n preek
* Tuis in die hemel

Vir wie is die boek geskik? Jy kan hierdie boek met vrymoedigheid gee vir enigeen wat jy wil seën met die wete dat die hemel nie alleen 'n werklikheid is nie, maar dat ons ons lewe hier op aarde anders kan leef as ons elke dag leef met die ewigheid in gedagte.

Die hemel verander alles word uitgegee deur CUM


No comments:

Post a Comment