BOOK REVIEWS

LATEST BOOK READ:



LAPA

Hierdie fiktiewe roman ontleed die karakters deeglik en ontknoop met heerlike humor en vaardige taalhantering. Dis 'n moeilike onderwerp en al wil jy ook hoe graag oordeel en klipgooi, jy word self meegesleur en besef algaande; daar is genade. Ook vir die ander vrou.

Heerlike leesstof vir lang, lui-lekker vakansiedae. Geniet!


Die aangrypende verhaal van Selna Visser, 'n hoogs-opgeleide verpleegkundige wat in Dubai in die tronk beland nadat sy 'n weldaad aan 'n vreemdeling probeer bewys. Die vertelling word interessant aangebied deur Ilse Salzwedel, bekroonde joernalis, en word aangebied vanuit die dagboek wat Selna hou terwyl sy in aanhouding is.
My hel in Dubai, word uitgegee deur LAPA

Siende Blind is die nuutste spanningsroman van Chanette Paul en volg die storie van Cara van der Linde wie se lewe dreig om in mekaar te stort na haar man haar eensklaps inlig dat hy haar verlaat vir 'n veel jonger vrou, haar skrywersidentiteit gesteel word en sy opeens besef dat haar lewe boonop in gevaar is. Hoe pas al die legstukke inmekaar? Jy sal enduit geboei bly met die vinnige verloop van sake en jy sal die boek nie wil neersit voor jy weet hoe die nagmerrie uitspeel nie. Siende Blind word uitgegee deur LAPA

Dagstukkie boeke vir seuns en meisies is altyd gewild. Kyk gerus uit vir hierdie twee vir seuns en meisies in 366 dae. Word uitgegee deur Christian Art en saamgestel deur Carolyn Larsen 

Wat wenners weet deur Louis Brittz is 'n boek wat ek aanbeveel vir enigeen wat al deur een of ander vorm van misdaad geraak is, of wat deur beproewing gegaan het. Dis opbouend, gee praktiese raad en verseker jou net weer van God se hand in Sy kinders se lewens.

The 5 Languages of Appreciation in the Workplace

dr Gary Chapman and dr Paul White
Published by Northfield Publishing

Glory beyond the tryline

Uitgegee deur Christian Art Publishers

Answer this simple question: Name one person whose testimony is given in this book; write down your answer, your name and postal address. One person will receive a copy of Glory beyond the tryline by post.



Riana Scheepers en Hannetjie de Clercq


THE BLOOD OF LAMBS

Kamal Saleem

A riveting read. Follow the life of an ex-terrorist, from highly paid exterminator to his new life of redemption. Kamal Saleem was recruited by radical Islamists at the young age of 7 and that same year he was sent on his first mission into Israel. Today he forms part of a threesome of former terrorists whose mission it is to warn people about funadmental and radical Islam. The story shifts to and from his present life and the captivating memoirs of his past life as a terrorist. On one of his missions he was shown love and kindness by total strangers after a car accident and this led to his conversion to Christianity. I could not put the book down. One of my top ten reads. 


No comments:

Post a Comment