Friday 22 November 2013

BOEKRESENSIE

DIE ANDER VROU

Kristel Loots

LAPA


LINDA IS DIE VROU WIE SE KANT VAN DIE SAAK SELDE GESTEL WORD: SY IS "DIE ANDER VROU" . . . 

Dit help nie jy beoefen volstruis-politiek nie - die dinge gebeur. 

Linda word wakker op die eerste oggend van haar wittebrood en besef meteens: dis hoe ander mense haar sien en hoe sy oor haarself voel. Die ander vrou, die egbreker, flerrie, skelmpie, skarlakenvrou, noem maar op. Dis sy. Wat sy egter nie verwag nie, is dat die glans en betowering van die huwelik en voorafgaande opwindende verhouding, so gou sal verflou nie. Haar prins se streke kom sommer vroeg al uit en die krake in haar blink-nuwe huwelik begin wys. Boonop dreig 'n ou geheim uit haar verlede om haar nuutgevonde geluk te bederf. 

Nes jy dink "aha! dis jou verdiende loon!" kom die ander kant van Linda na vore en ongesiens begin jy besef sy het ook 'n storie. Die saak is nie so eenvoudig nie en jy vind jouself in die netelige posisie dat jy moet erken: elke saak het meer as een kant en Kristel Loots is 'n meester om jou al die kante deeglik te wys. Om sake verder te kompliseer sleep dominee 'n handlanger nader met die ongewone naam Makarios om Linda se kop verder deurmekaar te krap. 

Hierdie fiktiewe roman ontleed die karakters deeglik en ontknoop met heerlike humor en vaardige taalhantering. Dis 'n moeilike onderwerp en al wil jy ook hoe graag oordeel en klipgooi, jy word self meegesleur en besef algaande; daar is genade. Ook vir die ander vrou.

Heerlike leesstof vir lang, lui-lekker vakansiedae. Geniet!





Fool proof Carrot Cake with Cream cheese icing



Ingredients

2 ½ cups of all purpose cake flour
2 t baking powder
1 ½ t baking soda
3 t mixed spice
1 t salt
1 ½ cups of sugar
1 ¼ cups of oil
4 eggs
2 cups of grated carrot
1 tin of crushed pineapple (drained)
¼ cup apricot jam
Nuts (sprinkle nuts or chopped wallnuts or pecanuts)

Combine grated carrot, drained pineapple nuts and apricot jam. Leave to stand to draw moisture and drain thoroughly

Beat 4 eggs and add sugar ½ cup at a time. Add the oil a little by little
Sift together flour, salt, baking soda, baking powder and mixed spice.
Add carrot mixture to the egg mixture and mix through
Lastly add the flour mixture
Bake in a ring pan at 180° C for 45 minutes

When the cake is done, remove from the oven and leave to cool completely. Put the cake in a plastic bag and leave overnight in a fridge or freezer

Cream cheese icing:
125 ml butter
500g icing sugar
5 ml vanilla essence
250 ml cream cheese
Beat together butter and icing sugar and add ½ of the vanilla and 1 T of the cream cheese
Once it has been wisked thoroughly, add the rest of the cream cheese and mix
Leave overnight in the fridge

Next day, ice the cold cake and decorate with chopped nuts of your choice
Enjoy!

Wortelkoek

Bestandele

2 ½  k koekmeel
2 t bakpoeier
1 ½ t koeksoda
3 t gemengede speserye (dit moet gemengde speserye wees)
1 t sout
1 ½ k suiker
1 ¼ k olie 
4 eiers
2 koppies gerasperde wortels
1 blikkie crushed pineapple goed gedreineer
Neute (sprinkelneute of peka-neute fyngekap)
¼ k appelkooskonfyt

Rasper wortels, voeg gedreineerde pynappel by en appelkooskontyt en neute. Laat staan om vog te trek en gooi al die vog af. 

Klits 4 eiers en voeg suiker ½ kop op ‘n slag by. Voeg olie bietjie bietjie by. 
Sif eenkant saam meel, sout, koeksoda, bakpoeier en gemengde speserye. 
Voeg wortelmengsel by eiermengsel en roer goed deur
Heel laaste voeg meelmengsel by en meng deur
Bak in ringkoekpan en van die orige deeg maak muffins
Oond toe op 180°C vir 45 min

As die koek gaar is, haal uit oond en laat staan tot heeltemal afgekoel. Keer uit en laat koud word. Bak dag vantevore en plaas die koek in ‘n plastieksakkie in die vrieskas
Roomkaas Versiersel
125 ml botter
500g versiersuiker
5 ml vanilla
Bakkie roomkaas (rooideksel)
Klits botter en versiersuiker en voeg vanilla by
Heel laaste roomkaas (skep 1 E in terwyl jy aanmaak)

Haal yskoue koek uit en jy sal sien die versiersel klou onmiddellik aan die koek
Versier binne en buite

Sprinkel neute bo-op en versier met rooi en groen kersies

Hi everybody. I've been so busy working extra time that I haven't been posting as regularly lately as I would like to. Nevertheless, today I share with you two fantastic recipes that will stand you in good stead over the festive period.

The first is the easiest 4 minute fridge 'cheescake' ever, and the second is a wonderful carrot cake with cream cheese icing.


The easiest 4 minute Fridge "Cheese-cake" ever!

Ingredients:
Tennis biscuit crumbs (500ml) mixed with 2 heaped T of butter to form a crust
1 Tin of Condensed Milk
1 Liter of Yogurt of your choice

Mix together biscuit crumbs and butter and press firmly into a big round oven-proof dish to form a base
Mix the condensed milk and yogurt together and pour onto the biscuit base.
Bake in the microwave oven on high for 4 minutes, or if your oven is not strong enough, add an extra 30 seconds
Remove from the oven and allow to cool
Put in the fridge and let it cool down until ice cold.
Decorate with fresh fruit
(for mine in the photo, I used mango yogurt)

Die maklikste 4 minute Yskas-Kaaskoek ooit!!


Bestandele:

Beskuitjiekrummels en botter gemeng om 'n tertkors te maak
1 Blik kondensmelk
1 Liter jogurt van jou keuse (ek het hier mango gebruik)
Vrugte vir versiering

Druk die beskuitjie-kors vas in 'n ronde mikrogolf-vaste bak
Meng die kondensmelk en jogurt deeglik in 'n mengbak en gooi versigtig bo-op die krummelkors
Bak op hoog in die mikrogolfoond vir 4 minute (of voeg 'n ekstra 30 sek by as jou mikrogolgoond nie so sterk is nie)
Laat heeltemaal afkoel en sit in die yskas tot yskoud.
Versier met gesnyde vrugte en geniet
Heerlik!