Friday 6 September 2013

Dagstukkie-boeke vir Seuns en Meisies
Carolyn Larsen
Uitgewers: Christian Art Kids




Hier is twee pragtige dagstukkie-boeke vir meisies en seuns. Die Bybel in 366 dae vir Meisies en Seuns is 'n oulike geskenk van ouers of oumas, oupas, ooms of tannies of selfs as aansporings-geskenk van juffrou aan 'n oulike knaap of meisie.

Werk deur die hele Bybel in een jaar, van Genesis tot Openbaring met sleuteltekse uit die Nuwe Lewende Vertaling en kweek 'n goeie basis vir seuns en meisies om daagliks dmv 'n dagstukkie stitetyd te hou. Vir kleiner outjies kan mamma of pappa voorlees.


6 September se dagstukkie

Lukas 6: 10 - 13
As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. As jy selfs 'n klein bietjie oneerlik is sal jy nie eerlik wees met groot verantwoordelikhede nie. En as julle onbetroubaar is met wêreldse rykdom, wie sal julle vertou met die werklike rykdom van die hemel?
En as julle nie betroubaar is met ander mense se geld nie, waarom sal julle met julle eie geld vertrou word? 
"Niemand kan twee eienaars dien nie" want jy sal die een haat en die ander liefhê,
of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en geld dien nie

As jy nie vertou kan word met klein dingetjies nie, sal mense daarvan te hore kom - en dan sal jy 
nie vertrou word met groot dinge nie. God sal jou ook nie vertou as jou hart nie op hom gefokus is nie.

Vir wie kan ek dit aanbeveel? Seuns en meisies van 10 jaar en ouer

 



No comments:

Post a Comment