Monday 2 September 2013

Wat Wenners Weet

Ons is gebore om wenners te wees  . . . Dis in ons geestelike DNS ingeskryf deur God self

Min mense in Suid Afrika is nog nooit geraak deur geweld of misdaad nie. Dis byna ongehoord om met iemand te gesels wat self nog nooit 'n slagoffer was, of familie of vriende ken wat al deurgeloop het onder misdaad van een of ander aard nie.

Hoe dit 'n mens raak, verskil van persoon tot persoon. Jy sal iemand kry wat erg getraumatiseer is deur die roof van 'n selfoon of gryp van 'n handsak. Nog iemand is onder langtermyn behandeling na 'n motorkaping en die nadraai van so 'n ingrype in 'n mens se persoonlike ruimte.

Dan is daar mense soos Louis en Hettie Brittz; wenners wat uitstyg bo dié dinge wat dreig om jou onder te kry. Hier is twee mense wat onder die ergste soort geweld deurgeloop het; ongevraag, onverwags en totaal en al onvoorbereid op daardie aand toe gewapende rowers hulle in hulle eie huis oorval het, Louis ontvoer en herhaaldelik met die dood gedreig het en Hettie deur die loop van die nag deur een van die aanvallers verkrag is. Uit hulle eie krag sou hulle nooit triomfantlik uit hierdie beproewing kon stap nie; maar hulle het opgestaan en vandag spreek hulle gehore toe met 'n storie van oorwinning en hoop.

Nou is daar hierdie boek. Jy kry hier 'n versameling beginsels wat noodsaaklik is om in vandag se tyd in oorwinning te leef en help jou om bo jou omstandighede uit te styg want mense wat anders is sal ook anders leef.

Lees hoe God daardie vreeslike nag vir elkeen van hulle afsonderlik verseker het van Sy teenwoordigheid sodat hulle vandag kan sê dat waar Hy teenwoordig is, sal Hy in beheer wees as Sy kinders Hom vra.

Eienskappe van wenners word van nader beskou, soos bv. 
          * Wenners is meer as oorwinnaars
          * Wenners kan vergeet
          * Wenners verstaan liefde
          * Wenners weet wie hulle is 
En uiteindelik:
          * Wenners het hoop

In die Voorwoord deur Riekert Botha, skryf hy: 'Hierdie boek is vir my belangrik omdat dit nie bloot 'n versameling van goeie, gawe gedagtes is nie, maar 'n deurwinterde toepassing van die beginsels van God'

Vir wie is die boek bedoel?
Vir elke gelowige; want niemand van ons word gevrywaar van swaarkry, pyn en lyding nie. Gee dit gerus as geskenk want nie een persoon sal onaangeraak wees by die lees van so 'n praktiese, eerlike en prakties- uitvoerbare boek nie. 

Hier is vandag se vraag:
Wie skryf die voorwoord vir Louis Brittz in: Wat wenners weet
Stuur jou antwoord, jou naam en van en posadres na: rt104fm@gmail.com
Sluitingsdatum: Vrydag 6 September


No comments:

Post a Comment