Monday 29 July 2013

Daily Devotion Daaglikse Pitkos



Ps 84:12

Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou (weghou) aan die wat in opregtheid wandel nie.

Wat 'n heerlike gedagte; die wete dat daar by God geen aansien van persoon is nie; Hy het nie witbroodjies nie. Ons kan staan op Sy belofte soos die Psalmdigter dit vir ons opgeteken het. God is vir jou 'n son - om vir jou die bron van lewe en lig te wees; 'n skild om jou te beskerm teen die vurige pyle van die bose. Hy sal jou beskerming wees in die geveg van die lewe. Meer nog, Sy gedagte vir jou is net goedheid en guns - al die dae van jou lewe. Hy wil vir Sy kinders nét die beste hê, net soos 'n aardse vader vir sy kinders, wil God vir jou en vir my alle aardse seëninge en voorspoed gee. Hy sal nóóit die goeie dinge (seëninge, gesondheid, voorspoed, liefde ens.) van jou weerhou nie. Wanneer jy en ek in opregtheid wandel (Sy wil vir ons lewe vervul) sal en moet dit met ons goedgaan.

No comments:

Post a Comment