Monday 5 August 2013

Meatballs in Cabbage Leaves: 

(Afrikaans onderaan)


READY FOR THE OVEN!

This recipe comes from a book with the title: sout+peper (salt and pepper), by Niël Stemmet and is published by lapa

Meatballs in Cabbage Leaves:

Cook enough leaves (without the stump). 
250g pork mince
250g lamb mince
1 thick slice white bread
1/2 cup of milk
1 medium onion grated
1 large egg
1 T chopped parseley
1 t fine nutmeg
1 t salt
1/2 t white pepper
Cake Wheat Flour
2 T butter
2 T sunflower oil

Place meat in a mixing bowl. Soak the bread in the milk and add to the meat. Add the onions, egg, parseley, nutmeg, salt and pepper. Mix thoroughly. Cover the bowl and put in the fridge for one hour.

Oil your hands and roll meat into round meatballs. Roll in the cake flour and place on a plate. Heat butter and oil in a saucepan and fry the meatballs until golden brown. Now roll the meatballs in cabbage leaves - almost like a baby's nappy. Use a toothpick if necessary. Place tightly in an ovendish  and cover with aliminium foil. Bake at 160 degrees Celcius for 30 minutes. Remove foil and turn heat up to 180 or more and bake for a further 10 minutes until dark brown.

Koolfrikkadelle: Ouvrou onner die kebers

Kook genoeg blare (sonder stronk) in soutwater tot sag

250g varkmaalvleis - nie te grof nie
250g skaapmaalvleis, of kalf
1 groot dik sny witbrood
½ k melk
1 middelslag-ui, gerasper
1 groot eier
1 E gekapte pietersielie
1 t gerasperde neutmuskaat
1 t sout
½ t witpeper
Koekmeel
2 E botter
2 E sonneblomolie

Sit die vleis in ‘n groot skottel. Week die brood in die melk, voeg by die vleis. Roer dan die uie, eier, pietersielie, neut, sout en peper by. Meng alles goed saam. Maak mengbak toe en plaas in die yskas vir 1 uur.

Olie jou hande en rol die vleis in ronde frikkadelle. Rol in die meel en pak op ‘n bord. Maak die olie en die botter saam goed warm in ‘n pan. Braai die frikkadelle vinnig goudbruin. Plaas eenkant. Rol die frikkadelle toe in die koolblare, amper soos jy ‘n baba se doek aansit. Gebruik ‘n tandestokkie as jy sukkel - Pak in 'n oondskottel, vas teenmekaar en sit foelie bo-oor. Plaas in die oond en bak teen 160 °C vir 30 minute, haal die foelie af. Verhoog die temperatuur na 180 °C of warmer vir die laaste 10 minute ten einde die kool bo-op te skroei.

Uit: sout+peper
Erfeniskos|reis
Niël Stemmet

Uitgewers: lapa

No comments:

Post a Comment