Boek Resensie
My hel in Dubai: Selna Visser
Ilse Salzwedel
Uitgewers: LAPA
HIERDIE IS DIE AANGRYPENDE VERHAAL VAN SELNA VISSER WAT OPPAD TERUG HUIS TOE VAN GRIEKELAND AF OP DIE LUGHAWE IN DUBAI 'N VREEMDELING SE HORLOSIE WOU TERUGBESORG WAT HY IN DIE MANDJIE VERGEET HET TOE HY VOOR HAAR DEUR DIE X-STRAAL SKANDEERDER STAP
SY HARDLOOP AGTER HOM AAN, MAAR VERLOOR HOM IN DIE MASSA MENSE EN TOE SY DIE HORLOSIE AAN LUGHAWE POLISIE WIL OORHANDIG, WORD SY VAN DIEFSTAL BESKULDIG EN HAAR NAGMERRIE BEGIN IN 'N LAND WAAR VROUE GEEN REGTE HET NIE.
DIE STORIE VAN HAAR BELEWENIS AGTER TRALIES IN 'N VREEMDE LAND WAAR SY NIE DIE TAAL VERSTAAN NIE IS AANGRYPEND. INGEVLEG IN HIERDIE VERTELLING IS OOK HAAR STRYD TEEN KANKER WAT SY MOES TE BOWE KOM NET VOOR HAAR REIS NA GRIEKELAND.
KLEIN OOMBLIKKE VAN MEDEMENSLIKHEID VAN MEDE-GEVANGENES IS SOOS LIGPUNTJIES IN HIERDIE DONKER TYD VAN AANHOUDING WAAR SY TOTAAL EN AL OORGELEWER IS AAN DIE SKRALE GENADE VAN DIE 'MADAMS' - DIE TRONKBEWAARDERS WAT SIELKUNDIGE SPELETJIES SPEEL EN SELNA BYNA DRYF TOT WAANSIN.
ILSE SALZWEDEL IS 'N JOERNALIS WAT SPOG MET GESOGTE TOEKENNINGS IN JOERNALISTIEK EN HAAR BESONDERSE MANIER VAN DIE WEERGEE VAN DIE FEITE VAN HIERDIE VERHAAL WORD GENEEM UIT DIE JOERNAAL WAT SELNA HOU IN DIE TRONK.
DIS MOEILIK OM DIE BOEK NEER TE SIT.
No comments:
Post a Comment