Thursday, 17 October 2013


Tagliatelle with Chorizo and Star Anise 


This is a quick nutritious meal that you can make in a jiffy if you get home from work.


Ingredients:


200g - 350g Tagliatelle
200g Chorizo sausages (2 - 3 sausages) cut in rings
1 Large onion diced
50 ml olive oil
3 star anise finely ground or 1 teaspoon anise seeds
250ml fresh cream
1 egg
100 ml Mozzarella cheese grated
Salt and pepper to taste

Method:


Wisk the egg and cream and keep aside. Add salt to taste

Pasta: Place a big saucepan on the stove and add 1,5 litres of water. Add 2 teaspoons of salt and 2 Tablespoons of olive oil and bring to the boil. 
As soon as the water boils, place 200g - 350g of Tagliatelle in the water and stir continuously. Cook until el dente - soft but still firm.
Drain and keep aside. Use the same saucepan to cook the rest of the ingredients.

Place the olive oil and onion in the pot and fry until the onion is soft, not brown. Add the Chorizo sausage rings, the salt and star-anise and fry for another 2 - 3 minutes while stirring. 
Remove from the heat and stir in the cream and egg mixture. 
Rinse the Tagliatelle though with boiling water to separate and heat. Drain
Add the Tagliatelle to the rest of the ingredients in the saucepan and mix gently.
Heat through and dish up immediately
Finish off with grated Mozzarella cheese and freshly ground black pepper
Serve with Portuguese rolls and a green salad

Tagliatelle met Chorizo en Ster Anys


Hierdie is ‘n vinnige en voedsame gereg, ideaal om te maak as jy saans by die huis kom en gou ‘n ete aanmekaar moet slaan

Bestandele:


200g -350g Tagliatelle
200 g Chorizo Sausages (2 - 3 chorizo sausages) in ringe gesny
1 Groot ui gesnipper
50 ml olyfolie
3 ster anys (fyngemaal) of 1t fyn anyssaad
250 ml vars room
1 eier 
100 ml Mozzarella kaas (gerasper)
Sout en peper na smaak

Metode:


Klits die eier en die room saam en hou eenkant. Voeg sout na smaak by

Pasta: Plaas ‘n groot kastrol op hoog met ongeveer 1,5l water in. Voeg 2teelepels sout en 2 Eetlepel olyfolie by die water. Wanneer die water vinnig kook, plaas 200g - 350g Tagliatelle in die kookwater en roer nou en dan. Kook tot al dente - sag, maar nog effens ferm. Dreineer dadelik en hou eenkant. Gebruik dieselfde kastrol om die res van die bestandele in gaar te maak.

Plaas die 50ml olyfolie in die kastrol en braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die fyngemaakte anyssaad, sout en Chorizo worsringe by. Braai vir nog 2 - 3 minute en roer gedurig.

Verwyder van hitte en roer die room en eiermengsel by en roer deur. 
Spoel kookwater deur die Taglietelle om dit weer warm en los te maak en dreineer
Voeg nou die Tagliatelle by die res van die bestandele in die kastrol en roer goed deur. 
Verhit todat die gereg goed warm is en bedien onmiddellik.
Strooi Mozzarella kaas en varsgemaalde swartpeper oor net voor opdiening

Sit voor met Portugese rolletjies en ‘n groenslaai

No comments:

Post a Comment