Thursday, 29 August 2013


Beer-batter for Fish /Heerlike Visbeslag

This is a delicious batter for fish or chicken strips, or even for pork fillet strips.

AFRIKAANS ONDERAAN


Ingredients:

6 - 8 fish fillets (defrosted and dried with paper towel)
1 Cup of all purpose cake flour (keep one T seperate to dust fish with)
½ Cup of corn flour or Maizena
1 t Paprika
½ t Tumeric
½ t Sugar
2 Egg whites stiffly wisked
Salt and Pepper to taste
Beer or soda water for non-alcohol users

Method:

Place the fish fillets on a chopping board and season with salt and pepper and fish spice (optional)
Lightly dust with 1 T of flour
Sift together cake flour and corn flour
Add paprika, tumeric, salt and pepper and sugar
Fold in whisked egg whites
Add beer a little bit at a time and stir until you have a batter to your liking (not too runny)

Heat a heavy-based saucepan with 2cm of canola oil until hot, but not smoking hot
Test the heat by dropping a bit of batter into the oil. The batter must bubble and come to the surface immediately.
Put the fish fillets into the batter, four at time, coat completely and carefully lower the fillets into the hot oil.
Turn once or twice
Bake until golden brown on both sides.
Allow to drain excess oil on paper towel, and transfer to a serving dish
Use any extra batter to coat chicken breast fillet-strips or pork fillet strips and fry afterwards in the hot oil. 




Beer-batter for Fish /Heerlike Visbeslag

HIERDIE IS 'N HEERLIKE BESLAG VIR VIS, HOENDERBORSFILETTE OF VARKFILETTE

BESTANDELE:


6 - 8 Visfilette wat ontdooi en afgedroog is

1 Koppie Koekmeelblom (Hou een Eetlepel meel eenkant om vis mee te bestrooi)

½ Koppie Mielieblom of Maizena

1 t Paprika

½ t Tumeric

½ t Suiker

2 Eierwitte styfgeklop

Sout en Peper na smaak

Bier om deeg aan te maak (Jy kan ook sodawater gebruik)

Canola olie om vis in te braai

METODE:

Plaas ontdooide visfilette op ‘n bord en besprinkel met sout en Ina Paarman se Visspesery
Sif koekmeelblom oor aan beide kante
Sif Koekmeelblom en Mielieblom saam
Voeg Paprika, Tumeric, sout, peper en suiker by
Vou styfgeklopte eierwit in die meelmengsel in
Gooi nou die bier bietjies-bietjies in terwyl jy die beslag meng todat dit soos dikroom lyk

In ‘n swaarboompan, verhit so 2cm Canola olie tot goed warm, maar nie rokend nie
Toets die hitte van die olie deur ‘n druppel van die beslag in die warm olie te drup. Die stukkie deeg moet dadelik borrel en bo dryf.
Voeg nou al die visfilette in die beslag en maak seker almal is bedek
Neem die filette een vir een en laat sak dit in die olie
Bak vier filette op ‘n slag tot goudbruin
Plaas op ‘n bord met dreineer papier en dan in ‘n opdienbak.
Gebruik hoenderborsfillet- repe of varkfillet-repe om die res van die beslag op te gebruik en bak in warm olie.



No comments:

Post a Comment